AAN DE VLIET VAKANSIE OORD is geleë 8 km vanaf Hazyview en slegs 20 km vanaf die KRUGER NASIONALE PARK, in die Mpumalanga Provinsie van Suid-Afrika.

Die oord in sentraal geleë in die prentjiemooi Panorama Roete in Mpumalanga.

Dis die perfekte wegspringpunt waarvandaan verskeie historiese-, kulturele- en besigtigingspunte
bereik kan word.

Sluit jou dag af met ‘n lekker braai of ‘n skemerkelkie op die oewer van die Sabie Rivier.

Daar is kuierareas, ‘n leeshoekie, piekniekplekke langs die Sabie Rivier en ‘n swembad onder koeltebome.

Skop jou skoene uit en kom ontspan in die Laeveld …