OMGEWING
Verken die beroemde Panorama Roete met sy pragtige natuurskoon en die indrukwekkende Blyde Rivier Bergkloof, die wêreld se grootste groen bergkloof.
Massiewe maalgate, God’s Window en asemrowende watervalle is alles binne bereik.

20 km vanaf AAN DE VLIET is die Phabeni Hek ingang van die Kruger Nasionale Park, waar die Afrika groot 5 vir jou wag.
Besoek die Park met eie vervoer of maak gebruik van ‘n toergids en gaan op ‘n safari.

Die nabygeleë geskiedkundige dorpie van Pelgrimsrus sal jou terugvoer na die goudkoors van 1873.

AKTIWITEITE
Daar is hope aksie belaaide aktiwiteite in die omgewing.
‘n Potjie gholf, ‘n rit op die Sabie Rivier of tussendeur boomtoppe, ‘n 4-wiel motorfiets avontuur of ‘n wandeling saam met olifante is maar net ‘n paar items om van te kies.